Gods genadedaad
As ek my hand uitsteek na brood
om aan Sy liggaam te kan deel
Gedenk ek so my Heilands’ dood
En word ek van my sekte heel.
En neem ek ook 'n slukkie wyn
Wat my herinner aan sy bloed
Dan sien ek hoe die aardse kwyn
En my omvou die reinheids gloed.
Vir my het Hy sy bloed gestort
En aan die kruis gesterf die dood
En deur Sy bloed kan ek rein word
En Hom aanroep in diepe nood.
Die tafel is dan klaar gedek
En nooi Hy my om aan te sit
My kleed is skoon en onbevlek
Gewas en rein en silwerwit.
So dikwels eet ek wyn en brood
Gedenk ek Gods genadedaad
Hy het gesterf, oorwin die dood
En werp van Hom die graf gewaad.